Vondeling, Inge & Kirk

Inge & Kirk se troudag was vir my baie spesiaal, elke deel van die dag was n fees om afteneem. Hulle het by Vondeling getrou net buite Paarl wat die oulikste en intieme kapel gehad het, Vondeling het ook ‘n pragtige omgewing van berge en wingerde! Inge & Kirk se liedfde vir mekaar, hul famile en vriende was vir my ongelooflik mooi om te beleef. Hul liefde vir die Here was n fokus punt vir die dag en het die mooiste atmosfeer geskep. My gunsteling deel apart van Inge & Kirk se liedfe vir mekaar was Inge en haar pa se verhouding, Inge se pa het gehelp met die dekor, die ruiker, die rok, die uitklim van die trou kar, die afloop na Kirk toe in die kapel, hy het Inge & Kirk getrou en soveel ander oomblikke met haar gedeel… Dit maak my hart so gelukkig om sulke verhoudings te kan sien en beleef. Ek wens julle ‘n ongelooflike pad voorentoe saam, ek weet die Here het julle en jul familie baie lief en ek is opgewonde vir julle toekoms! Baie liefde x