Olifantskop, Annelie & Shaun

Annelie en Shaun het die mooiste verhouding met mekaar, met die Here en met die mense in hul lewens. Ek het geweet dat hulle troudag n besonderse dag sou wees en elke deel van hulle troue was onvergeetlik spesiaal. Dit was vir my ‘n voorreg om deel te kon gewees het van hulle troudag.

Annelie en Shaun, dankie vir julle liefde, vir hoe julle om gee oor mense, vir die manier wat julle op die Here vertrou en vir die geluk en vreugde wat uit julle skyn. Ek is baie lief vir julle en ek kan nie wag om te sien wat die Here alles vir julle beplan nie.

Diensverskaffers:

Tweede fotograaf: Kirsten Goslett

Dekor en Blomme: De Ville Décor- Delene de Villiers

Make up en hare: Elmarie Lourens

Trou koördineerder: Avant Garde Wedding and events

Trourok: Magda Grove